Brand ruk hand-uit in Prosperita

Daar is ‘n brand wat in die bosse agter Cobaltstraat in Prosperita gestig is deur mense wat glo vullis wou verbrand. In die winderige toestande in die hoofstad het die brand hand-uit geruk. Namibian Marshal Ranger Sean Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en ‘n waarskuwing tydens die hoog-brandseisoen gerig.