Brakwater: Misdadigers is nou gewapen

Misdaad in die Brakwater-gebied, sowat 20 kilometer noord van Windhoek, bly ‘n kopseer vir wetstoepassingsagentskappe. Brakwater is een van die misdaadbrandpunte, omdat daar nie ‘n polisiestasie in die gebied is nie en huise ver van mekaar op plotte geleë is. Christo Dreyer, voorsitter van die District Watch by Brakwater sê misdaad bly ‘n uitdaging, veral met misdadigers wat deesdae gewapen is.