Bradbury loop voor in Jhb-ope

Dan Bradbury van Engeland het volle voordeel getrek uit die borg se uitnodiging en loop met agt-onder-syfer voor in die opgeskorte eerste ronde van die Johannesburgse Ope by die Houghton-gholfklub. Bradbury was terug in die klubhuis na ‘n ronde wat twee arende ingesluit het voordat spel ‘n tweede keer gestaak moes word weens weerlig. Dit het hom ‘n voorsprong van een hou gegee: