Brad Pitt is steeds ‘n loket-koning

Die rolprent Bullet Train van Sony Pictures, met Brad Pitt in die hoofrol, is boaan die Noord-Amerikaanse loket-trefferlys met kaartjieverkope van 504,94 miljoen Namibiese dollar die afgelope naweek. Verlede naweek se voorste lokettreffer, DC League of Super-Pets van Warner Brothers Pictures, het na die tweede plek afgeskuif, met die gruwelfliek Nope van Universal derde. Bullet Train handel oor ʼn sluipmoordenaar met die opdrag om ʼn tas vol geld op ʼn sneltrein in Japan te gryp. Die verhaal ontwikkel dan in rugstekery en bakleiery met ʼn hele leër mededingende moordenaars, diewe en sosiale misbaksels.