Bouplanne vir hoofstad vertoon effe beter

Stad Windhoek het in Oktober 2022 ‘n totaal van 280 bouplanne ter waarde van net meer 158 miljoen Namibiese dollar goedgekeur. Volgens High Economic Intelligence wat die planne ontleed het, was daar 182 aanbouplanne, 67 huisplanne, 16 muurplanne, 13 kommersiële planne en twee swembadplanne. Die goedgekeurde planne verteenwoordig ‘n styging van 6 persent teenoor die September-bouplanne. ‘n Totaal van 65 bouprojekte is gedurende Oktober voltooi ter waarde van 107,5 miljoen Namibiese dollar. High Economic Intelligence sê op ‘n jaargrondslag het die aantal bouplanne wat vir Windhoek goedgekeur is met 3 persent afgeneem, wat toegeskryf word aan boubedryfskoste.