Boulter poog in die hooggeregshof om vervolging ter syde te stel
Die Britse miljardêr Harvey Boulter wend hom aan die hooggeregshof om sy vervolging op ‘n moordklag ter syde te laat stel. Dit kom na regter Herman Oosthuizen sy hoërhofaansoek in die verband in Augustus van die hand gewys het. Intussen het adjunk-regterpresident Hosea Angula sy moordverhoor tot April volgende jaar uitgestel hangende die aansoek in die hooggeregshof. Boulter meen daar is niks om te vervolg nie omdat die geweer afgegaan het tydens ‘n fisiese onderonsie. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik.