Bosa: Openbare Indiensnemingsdienste moet geskrap word

Build One South Africa sê die regering se Openbare Indiensnemingsdienste moet geskrap word omdat hy misluk om werkloosheid onder die jeug te verminder. Bosa sê in die vorige jaar het slegs sewe persent van geregistreerde werksoekers werk gekry, en 93 persent is steeds werkloos. Die party het tien groot idees, insluitende die stimulering van die township-ekonomie en die instelling van ‘n nasionale diens vir matrieks. Die party doen ‘n beroep op die regering om sy onvermoë te erken om voldoende werk te skep en beter geleenthede aan jong Suid-Afrikaners te bied.