Borsmelk is steeds die beste vir baba

Dit is Wêreldborsvoedweek. Suid-Afrika se borsvoedingskoers kom egter nie naby die Wêreldgesondheidsorganisasie se wêreldwye teiken vir 2025 van 50 persent in die eerste ses maande nie. Die Suid-Afrikaanse Dieetkunde-vereniging sê egter daar was wel ‘n geringe toename sedert die laaste opname in 2016. ‘n Woordvoerder, Maria van der Merwe, sê te midde van die globale pandemie en die verskerpte bewustheid van die noodsaaklikheid van ‘n gesonde immuunstelsel, is dit belangrik om ma’s aan te moedig om hul babas te borsvoed: