Boris teken ooreenkoms vir sy memoir

Brittanje se voormalige eerste minister Boris Johnson gaan ‘n memoir skryf oor sy ampstydperk, van sy geskiedkundige oorwinning in 2019 tot sy dramatiese uittrede verlede jaar. Die 58-jarige Johnson wat by Theresa May as eerste minister oorgeneem het nadat sy oor Brexit uit die kussings gelig is, is in September uit Downingstraat 10 geskop. Hy het die regte vir sy boek aan HarperCollins verkoop en die titel en uitgeedatum moet nog bekend gemaak word. Die maatskappy se publikasiedirekteur, Arabella Pike, sê dit gaan ‘n eerste minister se memoir soos geen ander wees nie.