Boris sê Omikron-maatreëls moet waai, dit help in elkgeval niks

Die Britse regering het die vereiste geskrap dat inkomende reisigers voor hulle vertrek vir Covid-19 getoets word. Mense wat in die land aankom hoef ook nie meer te isoleer terwyl hulle op ‘n negatiewe PCR-toetsuitslag wag nie. Eerste minister Boris Johnson het dié aankondiging in die Laerhuis gemaak. Die maatreëls is verlede maand ingestel ná die ontdekking van die Omikron-variant. Johnson sê die inperkings het slegs ‘n geringe uitwerking. Die nuwe reël word Vrydagoggend vroeg van krag. Johnson sê verder dat inentings baie goed verloop met ‘n gemiddeld van 900 000 spuite wat daagliks toegedien word.