Boris sê jammer vir koningin Elizabeth

Die regering van die Verenigde Koninkryk het koningin Elizabeth om verskoning gevra, ná dit aan die lig gekom het eerste minister Boris Johnson se personeel het koronavirus-maatreëls verbreek deur op die vooraand van prins Philip se begrafnis ‘n partytjie te hou. Daar word berig die boodskap aan die 95-jarige staatshoof is telefonies deur amptelike kanale gestuur en is nie persoonlik deur Johnson oorgedra nie. Hy is onder toenemende druk om te bedank, ná verskeie soortgelyke bewerings. Johnson het sover probeer om die storm wat ontketen is deur openbare en politieke verontwaardiging, die hoof te bied.