Boris raak al hoe meer ongewild

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, se gewildheid in sy Konserwatiewe Party is aan die taan en byna 50 persent van die lede glo nou die minister van finansies, Rishi Sunak, sal ‘n beter werk doen. Dit was die bevinding van ‘n meningspeiling vir Sky News in Engeland. Volgens die nuuskanaal het sowat 33 persent van die deelnemers gevoel Johnson moet bedank as partyleier terwyl ongeveer 44 persent dink hy is nie opgewasse vir die taak nie. Hierdie syfers is aansienlik hoër as aan die begin van die Covid-19-pandemie. Die YouGov-opname is verlede week onder 1 500 Tories gedoen.