Boris hou vakansie terwyl Britte sukkel om kop bo water te hou

Die uittredende Britse premier Boris Johnson is in Griekeland opgemerk, nadat Downingstraat 10 bevestig het hy is op sy tweede buitelandse vakansie in minder as ‘n maand. Hy ontruim vroeg volgende maand die pos sodra Rishi Sunak of Liz Truss as sy opvolger bevestig is. Johnson betaal glo self vir sy vakansie, maar dit is nie seker of belastingbetalers die koste van sy sekuriteitspersoneel moet dra nie. Sy oorsese reise laat die wenkbroue lig, veral omdat gewone Britte sukkel met die hoë lewenskoste in die land.