Boris haak vir ‘n derde keer af

Boris Johnson, het vir die derde keer in die huwelik getree. Die Britse eerste minister het met sy verloofde, Carrie Symonds, in ‘n verrassende seremonie in die Westminster-katedraal getrou. Johnson is 56 en Symonds 33. Die paartjie het in 2019 op die eiland Mustique verloof geraak en het ‘n eenjarige seun, Wilfred. Die seremonie in die Katolieke katedraal is deur vader Daniel Humphreys waargeneem wat ook die paartjie voorhuwelikse raad gegee en Wilfred verlede jaar gedoop het.