BoN sê vandag oor nuwe repokoers

Die Bank van Namibië sal na verwagting vandag ‘n rentekoersverhoging van 75 basispunte aankondig. Die voorspelling volg na die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy repokoers onlangs opgestoot het na 5,5 persent, die grootste verhoging sedert September 2002. Die meerderheid plaaslike ekonome voorspel 75 basispunte met sommiges wat meen dit kan dalk nie so hoog wees maar, dat nog ‘n verhoging dan voor die einde van die jaar sal voorkom. Voorspellings toon dat rentekoerse die jaar in die omgewing van 6,5 persent sal afsluit, wat die prima koers tot bo 10 persent sal opstoot. Regoor die wêreld word rentekoerse verhoog na rekordlaagtes tydens die pandemie. Dit is in ‘n poging om geld uit die mark te hou en beleggings te bevorder en sodoende weghol inflasie te bekamp. Die huidige koers is op 4,75 persent en die bank sal teen half-11 die aankondiging maak.