BoN gesels oor kubermisdaad

Met gevalle van kubermisdaad wat toeneem, kom die Bank van Namibië se Kuberveiligheidsraad net betyds. Die raad sal dien as ‘n platform waardeur beide die bank- en nie-banksektor besprekings kan fasiliteer en bedryfsbenaderings vir deelnemers kan formuleer om kuberbedrog te bekamp. Dit sal ‘n kritieke rol speel om die land se finansiële bedryf teen kuber-aanvalle te beskerm. Kuber-aanvalle veroorsaak triljoene dollar se finansiële verliese en operasionele impakte vir individuele en sake-slagoffers regoor die wêreld. Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van strategiese kommunikasie…