BoN-adjunkgoewerneur: Namibiese ekonomie kan nie nog ‘n inperking bekostig

Die Bank van Namibië se adjunkgoewerneur, Ebson Uanguta, sê die Namibiese ekonomie kan nie nóg ‘n inperking bekostig nie. Hy sê Namibië se ekonomie vereis alle ondersteuning en inperkingsmaatreëls sal die ekonomie verder kniehalter. President Hage Geingob het tydens die Covid-inligtingsessie Namibiërs gedreig dat die regering drastiese maatreëls voor die feesseisoen sal moet instel om die verdere verspreiding van Covid-19 te voorkom as positiewe gevalle aanhou styg.