Bolton sê oor sluipmoord-kontrak

Die Amerikaanse departement van justisie het ‘n lasbrief uitgereik vir ‘n lid van Iran se Revolusionêre Wag, Shahram Poursafi na dit aan die lig gekom het dat hy 300 000 Amerikaanse dollar aangebied het vir die sluipmoord van die voormalige nasionale veiligheidsadviseur van die Trump-administrasie John Bolton. Daar word berig dat ‘n miljoen Amerikaanse dollar aangebied is vir die voormalige minister van buitelandse sake, Mike Pompeo. Volgens Amerikaanse media is die man wat Poursafi in die VSA genader het, ‘n informant vir die FBI. Bolton het met die media gepraat oor die aangeleentheid.