Bokvroue vaar goed, en doen so voort

Die vroue Bokspan sê hulle vermoë om die hoogaangeskrewe Franse pak voorspelers Saterdag in Vannes in toom te hou, het hulle voorspelers se selfvertroue ‘n hupstoot gegee. Hulle is gretig om dit weer te doen wanneer hulle Saterdag teen Wallis in Cardiff te staan kom. Die Suid-Afrikaanse pak het goed gevaar teen die ge-oliede Franse span, ondanks ‘n gebrek aan wedstrydoefening in onlangse jare. Die slot Rights Mkhari, sê dit was ‘n groot verligting om hulle eerste mededingende wedstryd in so ‘n lank tyd te kon speel: