Bokke voltooi tweede kamp in voorbereiding vir Wallis

Die Springbok-bestuur het die tweede belyningskamp in Kaapstad afgesluit en hoofafrigter Jacques Nienaber sê die oefening was voordelig. Suid-Afrika gaan Wallis in Julie in drie tuis-toetse aanvat voor die begin van die Rugby-kampioenskap teen die All Blacks, die Wallabies en die Pumas. Nienaber sê hy is tevrede met die twee belyningskampe en sy besoek aan spelers wat in die buiteland gevestig is. Hy sal die span vir die toetse teen Wallis binne die volgende paar weke aankondig.