Bokke verwag reuse-stryd teen All Blacks

Die Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick en die haker Bongi Mbonambi het dit duidelik gemaak dat hulle vandag in die tweede ronde van die Rugbykampioenskap by die Mount Smart-stadion in Auckland ‘n massiewe stryd verwag teen die All Blacks. Hulle het op ‘n nuuskonferensie gesê hulle is gereed vir die uitdaging. Die spanne kom in ‘n paar minute teen mekaar te staan. In vandag se ander Kampioenskap-wedstryd sal Australië Argentinië in die Parramatta-stadion buite Sydney aandurf.