Bokke sluit Wêreldbekertrofee-toer af
Die Springbokke is vandag in Oos-Londen vir die laaste skof van hulle Wêreldbekertrofee-toer. Die oop bus wat die Bokke vervoer se roete begin en eindig by die Garden Court-hotel. Die kampioene het in die dorp aangekom na hulle suksesvolle besoek aan KwaZulu-Natal. Agt huidige Springbokke kom uit die Oos-Kaap, waaronder Elton Jantjies en kaptein Siya Kolisi. Die veteraan Frans Steyn is ook ‘n Oos-Kapenaar, met Suid-Afrika se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, wat in die dorp Despatch grootgeword het.