Bok-vroue bly om weer uit te draf

Die afrigter van die Springbok-vroue, Stanley Raubenheimer, sê hulle waardeer werklik die geleentheid om weer toetse te speel. Suid-Afrika het Kenia in Stellenbosch oortuigend geklop met 66-0. Dit was hul eerste internasionale kragmeting in byna twee jaar. Raubenheimer sê hoewel die vroue se spel nie foutloos was nie, was dit produktief met ‘n paar goeie lynstane, skrums en algemene spelpatrone: