Boetiek-brouerye kort bystand

Die Suid-Afrikaanse Biervereniging sê hy gaan boetiek-brouerye bystaan wat as gevolg van die onlangse alkoholverbod dalk moet sluit. Een-en-dertig van hierdie brouerye loop gevaar om te sluit nadat hulle sedert Maart verlede jaar 161 handelsdae verloor het. ‘n Woordvoerder van die vereniging, Apiwe Nxusani-Mawela, sê om die langtermyn-volhoubaarheid van die alkoholbedryf te verseker, is dit noodsaaklik dat die regering behoorlik met die bedryf beraadslaag wanneer hy nuwe regulasies oorweeg om die verspreiding van die koronavirus te bekamp: