Boereverenigings uitgenooi om werkgewersvereniging se kongres by te woon

Die Landbouwerkgewers-vereniging bied hul 35ste jaarlikse kongres op 6 Junie in Windhoek aan. Vanjaar se tema vir die kongres is geheime vir spanbou en die fokus is op die motivering en opleiding van plaaswerkers. Jaarlikse oudits toon dat Namibiese boere hul werkers uiters goed betaal, ver bo die minimumloon en die bedryf word alom geloof. Danie van Vuuren, administratiewe bestuurder van die NLU gaan struikelblokke van die arbeidswet uitlig. Hy nooi boereverenings uit om die kongres by te woon.