Boere in Noordweste sal weens langdurige droogte alternatiewe moet aanpak

Die noordwestelike dele van Namibië, veral die Kunene-streek en westelike dele van die Omusati-streek, het min reën tydens die vorige reënseisoen gekry met normale tot onder-normale reënval wat vir die komende seisoen voorspel word. Geraakte gemeenskappe in die Noordweste word gewaarsku oor die impak van die jare lange droogte. Cornelis van der Waal van Agri-Ecological Services sê aan Kosmos 94.1 Nuus boere sal alternatiewe moet aanpak.

Hy het ook sy kommer oor die wildlewe uitgespreek en voorspel meer mens-dier-konfik.