Boere hou protesoptog by Otjiwarongo-landdroshof

Sowat 200 boere het vandag ‘n vreedsame protesoptog by die Otjiwarongo-landdroshof gehou om borgtog van vier vermeende veediewe teen te staan. Die boere het ‘n petisie aan die beheeraanklaer van die hof, Obert Masendeke oorhandig. In die petisie sê die boere die daaglikse veediefstal en wildstropery laat hulle reuse-verliese ly. Net in die Kalkfeld-omgewing, het boere sedert Januarie 1,3 miljoen verliese gely.