Boere bekommerd oor ontploffing van EPL’s

Met die huidige ontploffing van Eksklusiewe Prospekteringlisensies (EPL’s) moet daar opnuut ondersoek ingestel word, sê ‘n bekende Namibiese boer, Rainer Ling. Die bedreiging van Namibië se uiters beperkte en waardevolle, natuurlike hulpbron, water, was nog nooit so groot soos op hierdie oomblik nie. By Leonardville wil ’n Russiese maatskappy uraan ontgin deur middel van ’n ondergrondse logingsproses waarvoor verskeie chemikalieë benodig word. Met die nadelige en onomkeerbare ekologiese gevolge wat die sogenoemde hidrobrekingproses meebring, is hierdie ontginningsproses van uraan nog baie meer kommerwekkend. Op die noordwestelike rand van die artesiese gebied, vanaf Rehoboth suidwaarts tot Mariental, fokus prospekteerders op litium, wat onttrek word deur soutwater uit groot dieptes van 300 meter uit te pomp en dit op groot panne te droog en uit die kristallisering uiteindelik litium te ontgin. Ling sê aan Kosmos 94.1 Nuus toegang tot plase moet volgens kontrakte gedoen word.