Blou Bulle bied slypskool vir afrigters aan
Die Blou Bulle bied die Rugby-afrigtersimposium aan. Dit het ten doel om ‘n geleentheid te bied aan provinsiale en internasionale afrigters om hul kennis met deelnemers te deel. Die vereniging het meer as 6 500 geaffilieerde lede, wat die belangrikheid van afrigting beklemtoon om beide die spel en die lewens van individue te vorm, veral gegewe die statistiek dat 60 persent van Suid-Afrikaners sonder ‘n vaderfiguur groot word. Kosmos 94.1 Nuus het met Willem Strauss, president van die Blou Bulle gesels…