Blitsbokke stap weg as kampioene

Die Springbok-sewesspan het die Vancouver-been van die Wêreldreeks in Kanada gewen toe hulle Kenia in die einstryd met 38-5 afgeransel het. Brittanje het derde geëindig. Die Blitsbokke het die toernooi oorheers en het nie een wedstryd verloor nie. Hulle het selfs Brittanje met 26-12 in een van die halfeindstryde geklop nadat hulle teen rustyd 7-12 agter was. Dit is die tweede keer dat die afrigter, Neil Powell, se span in Vancouver as wenners gekroon word.