Blinken gesels met Pandor, sê verhouding is belangrik

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê gesprekke met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Naledi Pandor, het gehandel oor die ekonomiese toestande ná Covid-19, asook klimaatsverandering en tegnologie. Die twee leiers het ‘n strategiese dialoog gevoer wat ten doel het om bilaterale bande tussen Suid-Afrika en Washington DC te vestig. Blinken sê dit is belangrik vir die twee lande om na verhoudings te kyk, binne die verband van kwelpunte wat mense wêreldwyd raak: