Blinken en Lavrov gesels

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het vir die eerste keer sedert die oorlog in die Oekraïne begin het, telefonies met sy Russiese eweknie Sergei Lavrov, gepraat. Die uitruil van gevangenes was hoog op die lys.

Berigte uit Amerika lui dat Russiese amptenare gereageer het op die Amerikaanse aanbod dat ‘n wapenhandelaar, Viktor Bout geruil kan word vir die twee Amerikaners, Paul Whelan en Brittney Griner wat tans in aanhouding in Rusland is. Bout dien op die oomblik ‘n 25-jaar tronkstraf in die VSA uit. Volgens die berigte, wil die Russe ook die vrylating  van Vadim Krasikov, wat verlede jaar skuldig bevind is aan moord in Duitsland, terug hê. Volgens bronne, stel Duitsland nie op die oomblik belang om aan die diplomatieke proses deel te neem nie. Intussen sê Blinken ook, dat daar geen hoop vir ‘n einde aan die oorlog in die nabye toekoms is nie.