Blade gaan Afrikaans in Staatskoerant as inheemse taal publiseer

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, beplan om ‘n aangepaste definisie in die Staatskoerant te publiseer om Afrikaans se status as inheemse taal te bevestig in die taalbeleidsraamwerk by hoëronderwys-instellings. Hy het dié versekering in die parlement aan Leon Schreiber van die DA gegee. Nzimande sê hy hoop dit sal die kwessie vir eens en vir altyd opklaar sodat sy departement daarop kan fokus om die waardigheid en respek van alle gemarginaliseerde inheemse tale te herstel. Schreiber verwelkom die versekering, maar sê die DA sal nie rus voordat die definisie in die Staatskoerant verskyn het nie.