Blaauw was glo dronk tydens noodlottige girokopter-ongeluk

Die finale verslag na die noodlottige girokopter ongeluk op 17 Desember 2020 waarin die bekende Witvlei-boer Pierre Blaauw en die seun van die direkter-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa, Donbaldt dood is, is bekend. Plaaslike media berig dat volgens die Vliegtuigongeluk Ondersoekdirektoraat, het Blaauw nie net nie ‘n geldige vlieglisensie gehad nie omdat sy mediese sertifikaat verval het nie, hy was ook dronk ten tye van die ongeluk. Bier en whisky is ook in die tuig gevind. Die laaste mediese ondersoek wat Blaauw gehad het was op 23 Junie 2020 en hy is medies ongeskik verklaar. Die ondersoek direktoraat sê verder dat die vlug toestemming gegee is om op 7 000 voet te vlieg maar, die girokopter is op ongeveer 30 tot 40 voet in ‘n kragdraad vas net oos van Windhoek. Daar was geen noodoproep na die Eros-toring nie. Dr. Guy Leitch, ‘n kenner in burgerlike lugvaart sê die bedryf laat self-regulering toe. Hy maak spesifiek melding van Blaauw se mediese geskiktheid.