Bipa plaas die soeklig op bedrog en slenters
Die Besigheid en Intellektuele Eiendom-maatskappy, Bipa, het sy bedrogbewusmakingsveldtog geloods wat daarop gemik is om alle sake-eienaars en potensiële sake-eienaars in te lig teen swendelary en ander bedrieglike aktiwiteite met betrekking tot besigheidsregistrasie, bedrieglike wysigings en vervalste dokumentasie. Die veldtog sal ook daarop gemik wees om bewustheid te skep rondom Bipa se tolvrye bedrog-blitslyn en eposadres. Ockert Jansen, hoof van kommunikasie by Bipa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.