Bipa hou vergadering met Chinese sakegemeenskap

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, sal in vennootskap met die Chinese ambassade in Windhoek ‘n vergadering met die Chinese sakegemeenskap hou. Die hoofdoel van die geleentheid is om registrasiedienste vir Bipa-produkte te verskaf, asook om inligting te verskaf oor die beskerming van intellektuele eiendom wat reeds in lande van herkoms beskerm is. Die vergadering vind op 28 Maart vanaf half-nege die oggend tot twee-uur die middag by die ambassade plaas.