Big sê kontanttoelae is diskriminerend

Die Basic Income Grant Coalition, oftewel Big, het die 600 Namibiese dollar kontanttoelae van die Namibiese ministerie van armoedeverligting gekritiseer en gesê dit is diskriminerend en moet hersien word. Die ministerie het die kontanttoelae onlangs saam met die Europese Unie en die Wêreldvoedselprogram van stapel gestuur om arm gemeenskappe by te staan wat deur die Covid-pandemie geraak is, asook deur die droogtes in die Khomas- en Omusati-streek. In ‘n verklaring het Big gesê die toelae sal slegs 27 600 mense bereik en dus die meeste Namibiërs uitsluit. Vrae is gevra waarom die Kavango-Oos-streek, een van die armste streke in die land, nie in die program ingesluit is nie. Rosa Namises van Big, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat niemand wat die toelae benodig, uitgesluit moet word nie.