Biden waarsku Putin

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n waarskuwing aan sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, gerig op die vooraand van hulle ontmoeting in Switserland môre. Biden sê hy wil nie in konflik met Rusland gewikkel wees nie, maar as dié land volhou met sy vyandige optrede, sal Amerika terugslaan. Biden sê hy wil ook met Putin oor kuberaanvalle praat nadat Amerikaanse amptenare die skuld vir die onlangse aanval op die Colonial-pypleiding voor die deur van ‘n gyselware-groep in Rusland gelê het: