Biden stel plan teen wapengeweld bekend

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n plan bekend gestel om toenemende wapengeweld in die land hok te slaan. Volgens data van die argief oor wapengeweld, is 9 420 Amerikaners in die eerste 172 dae van die jaar as gevolg van wapengeweld dood. Dit is ongeveer 21 persent meer as verlede jaar. Biden sê om wapengeweld te bekamp, sal sy regering die maklike beskikbaarheid van wapens stuit, gemeenskapspolisiëring bevorder, belê in bewysgedrewe misdaadvoorkoming in gemeenskappe, en somerprogramme en werksgeleenthede uitbrei: