Biden sê kunsmatige intelligensie moet beter bestuur word

Sewe toonaangewende maatskappye in die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie, het hulle daartoe verbind om risiko’s wat die nuwe tegnologie teweegbring, beter te bestuur. Die Amerikaanse President Joe Biden het dit by die Withuis in Washington bekend gemaak. Hy is vergesel deur verteenwoordigers van die maatskappye: Amazon, Anthropic, Google, Inflection, Meta, Microsoft, en OpenAI. Van die maatreëls behels onder meer om die veiligheid van kunsmatige intelligensie te toets, en die utislae van die toetse bekend te maak, asook om kunsmatige intelligensie met watermerke uit te wys. Die snelle ontwikkeling van die tegnologie het vrese laat ontstaan oor veral die verspreiding van vals inligting, en selfs dat dit ‘n bedreiging inhou vir die mensdom.