Biden sê hulle sal sperdatum haal

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê alles verloop volgens plan vir die onttrekking van die land se troepe uit Afghanistan teen volgende Dinsdag se spertyd. Minstens 70 700 mense is uit die hoofstad Kaboel ontruim wat nege dae gelede deur die Taliban oorgeneem is. Die Taliban het Maandag gewaarsku daar sal gevolge wees as die troepe langer as die ooreengekome spertyd aanbly. Biden sê hoe langer Amerikaanse troepe in Afghanistan aanbly hoe groter word die gevaar van ‘n Taliban-aanval: