Biden sê dit lyk op die oomblik nie of vuurpyl van Rusland af gekom het nie

Navo en wêreldleiers sal vandag vergader nadat ‘n Russies-vervaardigde vuurpyl in Pole, ‘n Navo-lid geval het. Twee mense is dood. Pole het reeds artikel 4 van die Navo-ooreenkoms opgeroep wat meen Navo sal hom bystaan met ‘n ondersoek na die voorval. Die vuurpyl het Dinsdag namiddag in Przewodow, ‘n dorpie in Oos-Pole sowat 6 kilometer van die grens met Oekraïne geval. Rusland ontken dat hy verantwoordelik was en as Amerikaanse President Joe Biden se woorde aan die media in Bali, Indonesië by die G20-beraad in ag geneem word, blyk dit om so te wees.