Biden maan teen nog ‘n aanval op die lughawe van Kaboel

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het gewaarsku dat nog ‘n aanval op die lughawe in Kaboel in Afghanistan hoogs waarskynlik is. Alle Amerikaanse burgers is in die lig hiervan versoek om die gebied naby die lughawe te verlaat. Die VSA gaan wel voort met ontruimings uit Afghanistan voor die spertyd Dinsdag verstryk.