Biden lok kritiek uit oor Saoedi-besoek

Sommige Demokrate in die Amerikaanse Senaat het President Joe Biden se besluit om Saoedi-Arabië volgende maand te besoek, veroordeel. Hy gaan kroonprins Mohammed bin Salman ontmoet. Dit sal sy eerste besoek aan die Midde-Ooste wees, wat sal insluit besoeke aan Israel en die Palestynse Wes-oewer. Daar is verwagtings uit alle oorde dat Biden hoop om Saoedi-olieproduksie ‘n hupstoot te gee in ‘n poging om die stygende brandstofpryse in Amerika te beperk. Demokrate is blykbaar gekant teen Saoedi-Arabië se menseregte-rekord.