Biden: Koning Elizabeth herinner hom aan sy ma

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê koningin Elizabeth herinner hom aan sy ma. Hy en sy vrou, Jill, het die Britse monarg by Windsor-kasteel oor ‘n koppie tee ontmoet. Die presidentspaar was in Cornwall vir die G7-beraad en het ook vroeër met die koningin gesels toe sy ‘n onthaal vir wêreldleiers bygewoon het. Die besoek aan Windsor het afgeskop met ‘n erewag en die klank van die Amerikaanse volkslied. Biden sê hy het die koningin na die Withuis uitgenooi.   


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *