Biden kondig N$13 miljard se ondersteuning aan die Oekraïne aan

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê Amerika sal ekstra veiligheidsbystand ter waarde van 13 miljard Namibiese dollar aan Oekraïne voorsien. Dit sluit in lugverdediging, artillerie, teenbatterystelsels en ander wapentuig. Biden sê die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie is nou veiliger as voor die Russiese inval, en bondgenote is bereid om saam te werk: