Biden gee amper N$40 miljard vir klimaat

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê klimaatsverandering kan rampspoedig wees. Hy het befondsing van 39,41 miljard Namibiese dollar aangekondig wat gebruik sal word vir die oprigting van infrastruktuur om uiterste weerstoestande en natuurrampe te weerstaan. Hy het egter nie sover gegaan om ʼn noodtoestand weens klimaatsverandering aan te kondig nie, soos deur Demokrate en omgewingsgroepe versoek is. Volgens Biden sal die befondsing aangewend word vom vloedbeheer uit te brei, nutsdienste te versterk, geboue aan te pas, en gesinne te help om vir verhitting- en verkoelingskoste te betaal: