Biden, eerste minister van Israel voer vandag samesprekings by Withuis

Amerikaanse President Joe Biden en die eerste minister van Israel, Naftali Bennett, gaan vandag vir die eerste keer samesprekings by die Withuis hou. Na verwagting is die chaotiese onttrekking van Amerika uit Afghanistan op die agenda, asook Israel se kernkragprogram, en Iran, een van die groot kwessies tussen die VSA en Israel.