Biden, Bolsonaro sal saamwerk oor Amasone

Die Amerikaanse President Joe Biden en sy Brasiliaanse eweknie Jair Bolsonaro het volgens berigte by die Beraad van die Amerikas ooreengekom om saam te werk om verdere ontwouding van die Amasone te voorkom. Dit is volgens ‘n verklaring van die Withuis. Omgewingsaktiviste sal verlig wees sou die plan deurgevoer word omdat ontwouding onder Bolsonaro rekordhoogtes bereik het. Net in April vanjaar is ‘n gebied groter as 140 000 sokkervelde ontwoud.