Biden bly Mladić se vonnis staan

Amerikaanse President Joe Biden het die bevestiging van Ratko Mladić se vonnisoplegging as ‘n oomblik van hoop beskryf. Dit volg nadat die Verenigde Nasies die lewenslange vonnis van die voormalige Bosniese Serwiese bevelvoerder bevestig het. Mladić se appèl teen skuldigbevindings weens volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom is van die hand gewys. Hy is gevonnis vir sy rol in die slagting van ongeveer 8 000 Bosniese Moslem-mans en -seuns in Srebrenica in 1995. Biden sê hierdie historiese uitspraak toon dat diegene wat gruwel-misdade pleeg, verantwoordelik gehou sal word.